En Trieksie se spene??

•Maart 16, 2009 • 4 Kommentaar

Goeie genugtig gehasie…. Waar vlieg die tyd heen??

Hoe gaan dit met jou ma en jou pa en jou sussie daar in Pofadder, en boetie grens toe is?  En Trieksie se spene??

Jitte mense, ek was rerig lanklaas in my lewe so besig en het lanklaas in my lewe so rond gehardloop dat ek nie eens tyd gehad het om die tweasers en die haarkleur nader te trek nie…. As ek die booswig vang wat vir die kriek wat die tyd aanskop red bull gegee het, gaan ek behoorlik sy nek omdraai!!

Dit voel opslag asof ek skoon voeling met julle almal verloor het!! Nie eens te praat van myself nie… Ek het die laaste ruk so baie geleer.. maar dit was eintlik ‘n kwessie van… SWEM JANNIE SWEM!!  en jannie wil net eenvoudig nie meer swem nie … kan iemand nie net daar vir jannie bietjie ‘n pool noodle of een van daai dryf stoele aangee nie …. en dan so ‘n cocktail of twintig saam stuur nie… verkieslik iets met ‘n appel “tang” wat omtrent jou vis kiewe gaan laat saam trek!

Dit is met groot beroering in my hart dat ek vir al my maters hier in blog-land net wil jammer se oor die lange, grote stilte!!  Dit is met groot bekleming in my gemoed, dat ek net ‘n paar gevleulde woorde wil spreek.

Ek was skoon soos ‘n kompas sonder ‘n ware noord die laaste ruk … ek het julle geselsies vreeslik baie gemis …. en belowe ek sal bietjie gaan oplees en my huiswerk op datum bring!!

Hoop dit gaan goed met almal hier op die plaas!!

Advertisements

en…. hier sit ek vandag

•Februarie 3, 2009 • 8 Kommentaar

Hier sit ek vandag, en voel asof die koek in die as beland het.

Sonder inspirasie, sonder ‘n gegorrel na woorde, sonder enige iets om te se … hier binne bloei dit om los te laat en te skryf, net te skryf van alles wat deur my gedagtes, my hart, my emosies, my verbeelding en my drome hardloop.  Vir die eerste keer in my lewe verstaan ek ‘writers block”

Maar hier gaan dit …met geen verskoning vir wat ookal hier uitkom nie…  as ek nie iets doen nie gaan ek omtrent bars van die deurmekaar-geit…

My hele wese is so aan die hardloop, my hele bestaan om vure dood te slaan … dat die rose en die lelies hul prag verloor soos ek verby jaag.  Wie het die renjaer van my lewe toestemming gegee om teen hierdie spoed vorentoe te beweeg.  Ek verwag die groot teleurstellende antwoord (as ek rerig gaan sit en dink) dat dit die EIE EK gaan wees… wat hierdie renjaer die toestemming gegee het.

Ek is maar net ‘n twee letter woord … maar die mag wat EK het …. in my eie lewe is so omstrede dat EK my van my eie tyd, energie en kuns kan beroof ….

Dis kompleet of my moeg … so ‘n dood moeg is .. dat ek omtrent nie eers deur my eie gedagtes kan sif om te vind … dit wat juis belangrik is nie … Ek sit voor my rekenaar en daar is net niks .. niks … niks…. niks

Geen vertroosting, geen inspirasie, geen mooi woorde,geen vermoe om met ons taal te woeker en hoop neer te pen nie … alhoewel dit hier in my hart is … is dit tussen die onbenullighede van die lewe in gegooi en daar le dit …..

More …more gaan ek weer probeer .. maar vir nou… gaan ek my kop op die kussing neer sit en verdwyn vir hopenlik 8 volle ure!!

Pieces of me

•Januarie 30, 2009 • 11 Kommentaar

Jammer vir die brits vandag….

 

I look around me

And everywhere I see

Pieces of my life

Pieces of me

 

My heart, my soul

Filled with dreaded turmoil

The constant dread

The never ending battle

The lacking strength to toil

With life and it’s thread

 

I wish I could say with confidence

That this is a battle I will win

But right now, here today

Today life will have its way

For today the blackness can stay

 

The demons in my head,

The demanding voices, won’t go to bed

Today I lift my flag of white

To surrender to life’s plight

To go down without the slightest fight

To face the lonely, screaming night

 

With the welcoming sunrise

With strength, with power I will rise

Take my weapons with care and force

Destroy the blackness

That keeps haunting my soul

 

I look around me

And everywhere I see

Pieces of my life

Pieces of me

Ons sonskynkind

•Januarie 27, 2009 • 7 Kommentaar

Bernard… hierdie is long past due!!!

Ek mis jou glimlag, jou straight forwardness, jou eerlikheid, die manier hoe jy my uit my diepste “funk kon kry, jou passion vir die lewe … vir ons God,  die manier hoe ek weg gesink het in jou drukkies!!!!!

 

Ons sonskyn kind

 

Jy met jou oop glimlag, wat le op jou gesig

Sal jou persoon, in ons wese lag

Jou hart sal ons saam ons dra

Jou invloed met krag saam dra

Sal jou nooit vergeet

 

Jy’s ons Sonskyn kind

Wat inwaai met die wind

Mag God jou in Sy arms vou

Jou memories in ons harte bou

Die lasting footprints

In gange van ons siel geprint

Glimlag van bo na ons af

Tot ons jou weer sien…. Sal ons wag

 

Jy met jou hart op jou sleeve

Wat net happiness vir ons wou gee

Sal jou altyd met deurnis onthou

Jou inspirasie met ons wese omvou

Ons liefde vir jou sal nooit ophou

Sal jou nooit vergeet

 

Jy’s ons Sonskyn kind

Wat inwaai met die wind

Mag God jou in Sy arms vou

Jou memories in ons harte bou

Die lasting footprints

In die gange van ons siel geprint

Glimlag van bo na ons af

Tot ons jou weer sien …. Sal ons wag

 

Sprei jou vlerke, ken geen perke

Vertoef by die voete van ons God

Leef in ewigheid met hemelse genot

 

Jy’s ons Sonskyn kind

Wat inwaai met die wind

Mag God jou in Sy arms vou

Jou memories in ons harte bou

Die lasting footprints

In die gange van onssiel geprint

Glimlag van bo na ons af

Tot ons jou weer sien …. Sal ons wag

Tweasers? Bang vir spinnekoppe??

•Januarie 22, 2009 • 17 Kommentaar

Nou ja, hier sit ek neer geplak op my bank, voor die kassie met my skoot rekenaartjie op my skoot natuurlik.

Met kleur (dye) in my hare, tweasers en die spieeltjie reg langs my.  Wenkbroue, beenhare en die begin van gryshare wat deur die bruin/rooi hare kruip. 

Wie was die rampokkers wat besluit het dat dit mooier en meer aanvanklik sou wees vir vrouens om nie beenhare, onderarm hare en bikini-line hare te he nie.  Wie is die booswig wat heel eerste ‘n tweaser op getel het en haartjie vir haartjie uit ‘n wenkbrou gepluk om dit te shape tot die perfekte boging bevind kan word??

Ek het nou die dag ‘n gesegde gelees, en slaan my met ‘n nat vis – maar ek kan net eenvoudig nie onthou wie dit gese het nie.  Maar dit lui so …

“I will never understand woman … they pour hot wax on their inner thights, rip every hair off, but still they are afraid of a small spider”

Nou ja, hier sit ek met die gedagte … en wonder …”THE VANITY OF IT ALL”.  Why, oh why doen ons dit aan onself??

Laat ek julle my mening gee … ons pynig ons self vir die volgende redes:

1.  Die bestuurder by ‘n restaurant wat, terwyl jy nog aan geloop kom, die skrif teen die bors lees – “SEARCH ME … You may like what you find” en sy getroue diens aan jou begin met … “May I do a full body search?  We need to find any deadly weapons” (Dit was nogal ‘n lekker ondervinding …) needless to say, die “stalker, hovering”  bestuurder was ons kelnir vir die aflope van ons tydjie daar.  En ek is weg met die belofte aan my vriendin om elke keer as ons uitgaan die hempie aan te he …. 😉

2.  Die knapie wat homself blind staar teen jou klein verklapping van ‘n cleavage … en homself amper teen ‘n kosyn besimpeld loop.

3.  Die oomblik wat oe vas gepen teen jou “hangertjie” vashak

Daai is die redes hoekom ons girls, tog te bang vir spinnekoppe, ons self deur die pynvolle rituals van tittewyt-ing sit … soos ek se …”THE VANITY OF IT ALL”

Wag laat ek nou maar haartjie vir haartjie uit my wenkbrou gaan pluk en die soeke begin vir die perfekte boging, tot my oe begin traan en ek bokspring voor die spieel. En die kleur van my hare gaan afwas, voor my hare miskien begin uitval …

Tot wedersiens ;-p

Muis

Trek my nader, nog nader

•Januarie 21, 2009 • 4 Kommentaar

Deur al die jare heen

Was ek leeg,leeg tot op die been

U vou my teen U vas

U is waar liefde altyd was

 

Trek my nader Oh Heer

Trek my nader, nog nader

Trek my nader Oh Heer

Trek my nader, nog nader

 

Jy is in alles wat ek sien

Jy is in alles wat ek doen

Jy oorheers my denke

Jy beheer my lewe

 

Trek my nader Oh Heer

Trek my nader, nog nader

Trek my nader Oh Heer

Trek my nader, nog nader

 

Hou my by U voete

Hou my by U

Hou my teen U bors

Hou my by U

 

Trek my nader Oh Heer

Trek my nader,nog nader

Trek my nader Oh Heer

Trek my nader, nog nader

Wat is tyd dan nou?

•Januarie 21, 2009 • 4 Kommentaar

My genade,  is dit net ek?  Of waar gaan die tyd heen?

Ek kom agter ek praat soos my ouma altyd gepraat het … in 19?? het dit gebeur en in 19?? het dat gebeur.

Tyd… wat sal mens nou se, as jy jou oog oopmaak in die oggend dan dink jy (as daar enige iemand anders is wat alles tot die dood toe beplan – soos ek) vandag wil ek dit doen, dat doen … en dan lys ek al die ditjies en datjies … voor ek my oe uitvee is dit 23:30 en my oe het tandestokkies of vuurhoutjies nodig om die ooglid bo te hou sodat ek nog kan sien.  Soos ek na my bed toe kruip en onder die kombers inklim besef ek met ‘n skok … maar ek het nie een van my ditjies en datjies gedoen nie … waar was ek die laaste 18 ure … ek het laas nog bietjie my hartklop opgejaag met oefen … maar dit was net na 5 vanoggend…

Waar is die geleentheid om te “stop and to smell the roses?”… my baie goeie intentions vlieg elke dag … so saam met die deadlines … by my verby, ek hoor net hoe klap hulle, hulle vlerkies om saam met die tyd verby te spoed.

Maar wag … laat ek weer hardloop …*sug* .. maar glimlag nog! 😉

tot weersiens maters

Muis

aka … rat stuck in ratrace