Sleepvoet deur die winter

Ai mensies …. ek sleep behoorlik voete op hierdie stadium.  Hierdie is my gunsteling seisoen… ek VREK behoorlik oor die winter!!  Ek gaan mal oor serpe en handskoene, jasse en dik kouse …… maar ek sleep voet… ek wil net slaap en nog bietjie slaap en nog bietjie slaap.

Dis lekker om weer bietjie hier te kom inloer .. ek is op hierdie stadium ‘n verskriklike booswig wat tyd van die werk steel om hier in te loer en ietsie random neer te pen … Ek mis my blog… ek mis my inspirasie en ek mis die liefde en leed van elke dag…

Een dag lank lank gelede, was daar ‘n meisie wie se hart geklop het … sy het elke oggend op gestaan met ‘n huppel in haar stap en ‘n bonserige krul in haar hare.  Het nog nooit van blusher gehoor nie.. nog minder die verspotte uitheemse goed gebruik … pampoen se hulle … pampoen gee jou krul hare en mooi rooi wangetjies…..

gmf…. pampoen … wat gaan ek eendag my kinders wys maak om hulle te kry net om groente te eet … in elk geval gehasie… die meisie wie se hart geklop het …

Sy het met haar kloppende hart, bonserige krul hare en pragtige rooi wangetjies die wereld verower ……

Tot eendag …

eendag … eendag … eendag …

wat sy besluit het … vandag gaan ek my hare reguit blaas ….

Lekker om julle weer te sien maters

Mooi bly

Advertisements

~ deur merriemuis op Junie 3, 2009.

One Response to “Sleepvoet deur die winter”

  1. Ek hoop daai meisie staan beter op in die oggend as wat jy op die oomblik opstaan….. LOL…..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: