En Trieksie se spene??

Goeie genugtig gehasie…. Waar vlieg die tyd heen??

Hoe gaan dit met jou ma en jou pa en jou sussie daar in Pofadder, en boetie grens toe is?  En Trieksie se spene??

Jitte mense, ek was rerig lanklaas in my lewe so besig en het lanklaas in my lewe so rond gehardloop dat ek nie eens tyd gehad het om die tweasers en die haarkleur nader te trek nie…. As ek die booswig vang wat vir die kriek wat die tyd aanskop red bull gegee het, gaan ek behoorlik sy nek omdraai!!

Dit voel opslag asof ek skoon voeling met julle almal verloor het!! Nie eens te praat van myself nie… Ek het die laaste ruk so baie geleer.. maar dit was eintlik ‘n kwessie van… SWEM JANNIE SWEM!!  en jannie wil net eenvoudig nie meer swem nie … kan iemand nie net daar vir jannie bietjie ‘n pool noodle of een van daai dryf stoele aangee nie …. en dan so ‘n cocktail of twintig saam stuur nie… verkieslik iets met ‘n appel “tang” wat omtrent jou vis kiewe gaan laat saam trek!

Dit is met groot beroering in my hart dat ek vir al my maters hier in blog-land net wil jammer se oor die lange, grote stilte!!  Dit is met groot bekleming in my gemoed, dat ek net ‘n paar gevleulde woorde wil spreek.

Ek was skoon soos ‘n kompas sonder ‘n ware noord die laaste ruk … ek het julle geselsies vreeslik baie gemis …. en belowe ek sal bietjie gaan oplees en my huiswerk op datum bring!!

Hoop dit gaan goed met almal hier op die plaas!!

Advertisements

~ deur merriemuis op Maart 16, 2009.

4 Responses to “En Trieksie se spene??”

  1. Hallo Merriemuis! Goed om jou weer raak te lees!! Hier is vir jou Winnie the Poo vlerkies wat my kids nie meer gebruik nie en ‘n lekker cocktail om die keel nat te hou!!

  2. Klink my hol rond soos ‘n afkop hoender Melaans…sit…vat ‘n diep asem…skryf ietsie…SKRYF IETSIE NOU!!! 😆

    Ek grap net, vat jou tyd – ons sal nog almal hier wees wanneer jy terugkom. Dankie tog vir RSS feeds, ne’?

  3. Miesie my merrem se bees se naam is ok Trixie

  4. Hi (((Merriemuisie)))!

    Laat Wip nou vir jou ietsie vertel. Ek het snuf in die neus gekry, almal kla oor tyd wat vlieg, die aarde se horlosie het gebreek! Dit moet wees.

    Ek is nou hier! http://wipneus.co.za
    Lekkr dag!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: