en…. hier sit ek vandag

Hier sit ek vandag, en voel asof die koek in die as beland het.

Sonder inspirasie, sonder ‘n gegorrel na woorde, sonder enige iets om te se … hier binne bloei dit om los te laat en te skryf, net te skryf van alles wat deur my gedagtes, my hart, my emosies, my verbeelding en my drome hardloop.  Vir die eerste keer in my lewe verstaan ek ‘writers block”

Maar hier gaan dit …met geen verskoning vir wat ookal hier uitkom nie…  as ek nie iets doen nie gaan ek omtrent bars van die deurmekaar-geit…

My hele wese is so aan die hardloop, my hele bestaan om vure dood te slaan … dat die rose en die lelies hul prag verloor soos ek verby jaag.  Wie het die renjaer van my lewe toestemming gegee om teen hierdie spoed vorentoe te beweeg.  Ek verwag die groot teleurstellende antwoord (as ek rerig gaan sit en dink) dat dit die EIE EK gaan wees… wat hierdie renjaer die toestemming gegee het.

Ek is maar net ‘n twee letter woord … maar die mag wat EK het …. in my eie lewe is so omstrede dat EK my van my eie tyd, energie en kuns kan beroof ….

Dis kompleet of my moeg … so ‘n dood moeg is .. dat ek omtrent nie eers deur my eie gedagtes kan sif om te vind … dit wat juis belangrik is nie … Ek sit voor my rekenaar en daar is net niks .. niks … niks…. niks

Geen vertroosting, geen inspirasie, geen mooi woorde,geen vermoe om met ons taal te woeker en hoop neer te pen nie … alhoewel dit hier in my hart is … is dit tussen die onbenullighede van die lewe in gegooi en daar le dit …..

More …more gaan ek weer probeer .. maar vir nou… gaan ek my kop op die kussing neer sit en verdwyn vir hopenlik 8 volle ure!!

Advertisements

~ deur merriemuis op Februarie 3, 2009.

8 Responses to “en…. hier sit ek vandag”

  1. Ons almal kry maar dae dood die van tyd tot tyd niggie, hou net moed.

    *drukkie*

  2. Dis nog erger wanneer die leegheid op die skerm hier binne jou kom sit en jy soms voel, al sny iemand jou nou oop soos n kadawer daar geen bloed meer gaan uitkom nie. Zombie-status.

    Sterkte. Die koek in die as kan stokbrood ook wees. Improvise. 😉

  3. Thanks Cuzz!!

    Hi Elf…. ek het nie daaraan gedink nie … ek is mal oor stokbrood!!! Dankie! 😉

  4. Aaaag …. ek kom join jou dan maar hier vir die volgende paar dae…. ek gaan nie verder uitbrei nie, maar ek vermoed dit het nou gevorder tot “Zombie-status” 🙄

    Hoop jy voel sommer baie beter na die naweek (((mm))) 😛

  5. Jy is ‘getag’. Welkom in die blogsfeer…. Die woord ‘tag’ sal jou later bevrees laat rondkyk, want dit kan nogal ‘n snowball word, maar dis vroeg in die jaar, en daar is niks so lekker soos ‘n nostalgiese ‘tag’ nie.

    Gaan loer op my blog by die nuwe inskrywing vir die instruksies.

    Lekker blog.

  6. Ek voel sooooooo saam met jou!!!!! My leegheid is net net a.g.v. helkom nie, my leegheid is sommer oorals… Self my bankrekening, my koskas, my breinsel…. Die works…. Alles is LEEG!!!!!

  7. Merriemuis, nee nou begin ek verlang, waar is jy????

  8. Nou wan nou Merriemuis!!!!! Nee alla wêreld, skryf iets!!!!!!1

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: