Tweasers? Bang vir spinnekoppe??

Nou ja, hier sit ek neer geplak op my bank, voor die kassie met my skoot rekenaartjie op my skoot natuurlik.

Met kleur (dye) in my hare, tweasers en die spieeltjie reg langs my.  Wenkbroue, beenhare en die begin van gryshare wat deur die bruin/rooi hare kruip. 

Wie was die rampokkers wat besluit het dat dit mooier en meer aanvanklik sou wees vir vrouens om nie beenhare, onderarm hare en bikini-line hare te he nie.  Wie is die booswig wat heel eerste ‘n tweaser op getel het en haartjie vir haartjie uit ‘n wenkbrou gepluk om dit te shape tot die perfekte boging bevind kan word??

Ek het nou die dag ‘n gesegde gelees, en slaan my met ‘n nat vis – maar ek kan net eenvoudig nie onthou wie dit gese het nie.  Maar dit lui so …

“I will never understand woman … they pour hot wax on their inner thights, rip every hair off, but still they are afraid of a small spider”

Nou ja, hier sit ek met die gedagte … en wonder …”THE VANITY OF IT ALL”.  Why, oh why doen ons dit aan onself??

Laat ek julle my mening gee … ons pynig ons self vir die volgende redes:

1.  Die bestuurder by ‘n restaurant wat, terwyl jy nog aan geloop kom, die skrif teen die bors lees – “SEARCH ME … You may like what you find” en sy getroue diens aan jou begin met … “May I do a full body search?  We need to find any deadly weapons” (Dit was nogal ‘n lekker ondervinding …) needless to say, die “stalker, hovering”  bestuurder was ons kelnir vir die aflope van ons tydjie daar.  En ek is weg met die belofte aan my vriendin om elke keer as ons uitgaan die hempie aan te he …. 😉

2.  Die knapie wat homself blind staar teen jou klein verklapping van ‘n cleavage … en homself amper teen ‘n kosyn besimpeld loop.

3.  Die oomblik wat oe vas gepen teen jou “hangertjie” vashak

Daai is die redes hoekom ons girls, tog te bang vir spinnekoppe, ons self deur die pynvolle rituals van tittewyt-ing sit … soos ek se …”THE VANITY OF IT ALL”

Wag laat ek nou maar haartjie vir haartjie uit my wenkbrou gaan pluk en die soeke begin vir die perfekte boging, tot my oe begin traan en ek bokspring voor die spieel. En die kleur van my hare gaan afwas, voor my hare miskien begin uitval …

Tot wedersiens ;-p

Muis

~ deur merriemuis op Januarie 22, 2009.

17 Responses to “Tweasers? Bang vir spinnekoppe??”

  1. Is jy nou nie bly dat ek jou aangespoor het om daai hemp te koop nie? 😉

    Ps! Daar is niks snaaks daaraan om bang te wees vir spinnekoppe nie, hulle spring EN hulle byt!

  2. mwhahaha …. ek is bly jy met aangespoor om die hempie te koop…!!
    Ek stem… en ek sal nooit ontken dat ek hulle vrees nie

  3. The only things I understand in this post are the quotes in English. Reading it almost makes sense. It’s like some twisted offspring of German, English and Dutch. Just when I think I understand what’s going on a string or words comes along that loses me.

    I like the quote about women and spiders. Men will never understand women because women don’t understand women. I think that’s why they talk to each other so much. They think if they just talk long enough and share enough experience they will figure themselves out.

    It’s never gonna happen.

    Men are simpler: If it bites, kill it. If it grills, eat it. I there’s alcohol in it, drink it. If it smells sweet has smooth skin and stands close to you – give up, Once chosen you are lost.

    We keep it simple and accept the inevitable.

  4. Whahahahaaaaaaaaaaa Muis, jy sit regtig die lag in my dae!! 😆

    Wag dat ek die perfekte boog gaan soek :mrgreen:

    Louisa miskien moet jy vir ons meer van hierdie tips uitdeel!!! 😉

  5. hehehehe…ek het myne gisteraand gekry, wipneus…maar die meer onbesonne taak is om altwee wenkbroue simetriese bogings te gee….

  6. Hi Jon… THANKS for visiting and trying!! 🙂
    I agree with the we don’t even understand ourselves… but I would venture as far as to say … we (I actually) also do not know what I want … the post was about why we as woman put ourselves through so much pain trying to stay in the throws of our “beautifying-rituals”… we can rip hair out, even pluck it one by one … but see a small critter … and you run like hell!! Aren’t we just the “funniest” creatures created?

  7. Hey Louisa .. onthou jy die bend and snap oefening wat ons in jou Balie se club gedoen het? hahahah …. memories!!
    If memory serves me right … the bend and snap worked for me that night …:-)

  8. Wipneus, ek is vol verassings maat – jy moet maar net ‘n oor op die grond hou dan sal jy baie tips kry. 😉

    Melaans, die bend en snap was wel baie suksesvol – jou geheue is nog piekfyn, al kry jy ‘n ou grys haartjie of twee. 😛

    Jon, wise words indeed. But you must know that women don’t want to be understood, we are creatures of mystery after all? We just want to be accepted and loved unconditionally. I laughed at your desciption of Afrikaans, spot on! 😀

  9. hehehe…I’m gonna wash that grey right out of my hair 😉

  10. Ek het net gou my oor op die grond kom hou vir tips 😉

    Ek is seker jou hare het baie mooi uitgekom Muis?
    ‘Cause you’re worth it 😛

    Lekker naweek!!

  11. lmga….. “Cos… I’m worth it”
    hahaha … is ons nie maar almal nie ….
    maar ek moet bieg … ek snyookmy eie hare, ek is net eenvoudig nie bereid omsoveel te betaal endan loop jy by die haarsalon uit enhuil nie …. dit het al te veel kere met my gebeur!

    Lekker naweek jy!!

  12. Spinnekoppe het te veel bene. Punt. Ek sal slegs naby ene kom as sy naam “Spiderman” is en hy is plat gestryk op ‘n t-shirt!

  13. Het jou hare toe mooi uitgekom?

    Dit kos deesdae ‘n arm en ‘n been om jou hare netjies te hou. Die ouderdom kos vreeslik baie geld *sug* Jy moet maar jou tips deel in hierdie slegte ekonomiese tye hoor! Dit sal waardeer word 😆

  14. Tweasers. Teasers. My oe het eers met my gespeel op jou swart laken, maar toe lees ek reg.

    Nee wat, ek wax en so my beenhare, maar met tweasers naby my wenkbroue, aikona. Ek friek so uit, almal ‘back off’ automaties.

    Ek het maar die Brooke Shields wenkbroue. Dank vader, at least is sy mooi, imagine as ons almal die Rosie O’Donnell wenkbroue moes he!!!

    Ek het begin grys raak in matriek. Die aardrykskunde onnie was erg geskok. Ek sweer hy het in my file gaan kyk of ek regtig 18 was. Ek dye as ek lus het. En ek is min lus vir daai dinge…

    Wipneus, it is so true! Ons het gister gepraat oor hoe duur net ‘n verdomde haarsny geword het. Ek is nogal tempted om te leer knip, en ‘n mobile salon te begin. Al daai cash in die sak kan my smile net breed hou. ‘n Mobile salon op Vrijheid 3 se roofrack. Moerse uitsig, wyl jy weer mooier word!

  15. Ha Ha Ha! Ons het so ‘n groot spinnekop, maar sy moet nog ‘n naam kry! Ek is banger vir sekere mense as vir enige (ander) gedierte!

  16. Hi Muis.

    Ek het uiteindelik dit reg gekry om jou blog te lees sonder dat ek dit op jou rekenaar moet lees terwyl jy dit skryf in die aand.

    Thanks dat jy so ‘n great pal is en my probeer verstaan het laas week.

    Jy is awesome.

    Regards
    Jou flatmate Sparky.;-)

  17. Hey ogies … Ek stem saam… veels te veel bene…nie eens gepraat van die oe nie… of is dit nou die vlieg … aai dis darem te veel jare om nou biologie te onthou

    Wipneus…. my haartjies het nice uitgekom … wanneer ek dit self doen, is al wanneer ek gelukkig is met dit …

    Skoor ….mwhahaha teasers se jy vir my…. hehehe … ek hou nie van pyn nie… so ekke wax nie… ek dink louisa kan ‘n staaltjie vertel van haar eerste wax experience …

    Tersia… ja nee kyk … mense is darem maar eintlik ‘n ander tiepe dier…. partykeer skud ek ook maar net my kop

    Chella! Bly jy kon kom kuier hier op my blog man!! Ditto girl .. solank jy net onthou jy is meer werd as wat jy jouself krediet voor gee!! MOET NIE SETTLE NIE!!

Lewer kommentaar op merriemuis Kanselleer antwoord