Wat is tyd dan nou?

My genade,  is dit net ek?  Of waar gaan die tyd heen?

Ek kom agter ek praat soos my ouma altyd gepraat het … in 19?? het dit gebeur en in 19?? het dat gebeur.

Tyd… wat sal mens nou se, as jy jou oog oopmaak in die oggend dan dink jy (as daar enige iemand anders is wat alles tot die dood toe beplan – soos ek) vandag wil ek dit doen, dat doen … en dan lys ek al die ditjies en datjies … voor ek my oe uitvee is dit 23:30 en my oe het tandestokkies of vuurhoutjies nodig om die ooglid bo te hou sodat ek nog kan sien.  Soos ek na my bed toe kruip en onder die kombers inklim besef ek met ‘n skok … maar ek het nie een van my ditjies en datjies gedoen nie … waar was ek die laaste 18 ure … ek het laas nog bietjie my hartklop opgejaag met oefen … maar dit was net na 5 vanoggend…

Waar is die geleentheid om te “stop and to smell the roses?”… my baie goeie intentions vlieg elke dag … so saam met die deadlines … by my verby, ek hoor net hoe klap hulle, hulle vlerkies om saam met die tyd verby te spoed.

Maar wag … laat ek weer hardloop …*sug* .. maar glimlag nog! 😉

tot weersiens maters

Muis

aka … rat stuck in ratrace

Advertisements

~ deur merriemuis op Januarie 21, 2009.

4 Responses to “Wat is tyd dan nou?”

  1. Whahahaha ek sien jy sit met dieselfde probleme Muisie! Nou voel ek glad nie meer so eensaam nie!

    Jy praat ware woorde, ek is ook deesdae aanhoudend in 1980 of 1990, en dit laat my so antiek voel!!! 😯

  2. lmga …. mwhahaha … ek dog ek is die enigste een … en ek kyk oplettend na al die ander mense om te sien of hulle ook hulle oe vir my rol wanneer ek se “ja,nee … in 1990 het ek …..”
    Dis was nogal ‘n gereelde ding as my ouma begin praat het 🙂

  3. Jy’s nie alleen nie. Ek vind ook vertroosting in lysies, maar by die doen van dit op die lysie kom ek nie altyd so vinnig by uit nie – ag wat, net nog ‘n verskoning om ‘n nuwe lysie te maak met ‘n beter aksie plan? 😀

  4. my feelings exactly!!

    OCD… net daai 3 lettertjies …. need i say more?? 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: