Salf vir ‘n gebroke siel

Waar sal mens begin…

Eendag lank, lank gelede was daar ‘n dogtertjie…hehehe.. aai nee nooit ek sal dit aan geen mens doen nie.  Om 30 jaar se history op ‘n bladsy neer te pen. Die intrige, die hoog note – sowel as die bas snaar tye – die giggel geel mooi oomblikke, die lawwe lag dae, dit alles vorm ‘n baie ingewikkelde, breed besnaarde meisie… soos die lewe maar met ons almal maak.

Ek dink dat dit is juis die “bas-snaar” tye wat ‘n mens karakter gee en wat die giggel geel oomblikke en lawwe lag dae net soveel mooier en plesierig maak.  Dit is die ‘bas-snaar” tye wat jou nie alleenlik simpatie gee nie… maar dit is wat dit vir jou moontlik maak om actually empatie te betoon.

Ek het vanoggend wakker geword en ek voel so HUGE soos ‘n reus.   Ten spyte van “bas-snaar” tye, donker donderstorm nagte … het ek salf vir my 30 jaar gebroke siel gekry.

Salf wat blywend is, salf wat my omvou in Sy arms, salf wat my lei, in Sy hand hou elke dag van my lewe, elke huur van my dag, elke minuut van elke uur en elke sekonde van my lewe.

Die salf vir ‘n gebroke siel, wat al die stukkies – wat verstrooid onder die tafels van my hart gele het – optel en saggies die stukkies soos ‘n legkaart aanmekaar vas salf tot jy op die ou einde ‘n hele,”gesonde’ meisietjie voor ‘n spieel staan en met oortuiging in jou hart kan glo …

EK IS, WAT EK IS, WANT EK IS ….

Advertisements

~ deur merriemuis op Januarie 16, 2009.

9 Responses to “Salf vir ‘n gebroke siel”

  1. jy klink na ‘n wonderlike mensie
    liede en liefde
    noksie

  2. Ek glo nie jy’s stukkend nie – miskien net bietjie gekneus?

  3. So mooi stukkie gedagtes wat jy met ons deel!!!

    Ek is bly jy voel “huge” dis soos dit moet wees!

    Sterkte (((Merriemuis))) mag die salf jou vinnig heel maak!

  4. Mooi inskrywing! 😉

  5. Thanks noksie … i like to think so too 😉

    Louisa … ek is net bietjie gekneus, I have come a long way!! Luv you!!

    Thanks wipneus, ek glo Hy sal!

    Hey Boendoe, bly jy het daarvan gehou

  6. En hoe voel jy vandag??

  7. Hi daar skoor …. ek voel goed dankie!! Gaan goed, die lewe en die tyd hardloop net met een woes spoed vir my weg op hierdie stadium!

  8. baie mooi stukkie sielskos wat jy oor geskryf het hier.

  9. Dankie neykie !!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: