Wat skop die kriek??

Wat skop die kriek??  Ek voel vandag lus om die kriek bietjie red bull in te voer en hom vlerke te gee om te gaan vlieg.

 

Ek sit voor my rekenaar, my middagete en my 3 uur snack is al klaar en dit is nou eers 2 uur … wat is fout met die kriek… hy het vandag heeltemal net gaan stil staan.

 

Lui, lui telefoon???  Eerder, skop kriek, skop!!!  Ek voel mens moet nie die lewe om wens nie, maar genade… wat te erg is, is eenvoudig net te erg.  Ek het verlede jaar op ‘n stadium gevoel ek wil ook bid dat die son bietjie stil staan, ek kon net nie by alles uitkom nie en die arme kersie is nie net aan twee kante gebrand nie .. hy is net eenvoudig heeltemal stukkend versmelt gewees … nou…

HOU OP RONDSKOP JOU FLIPPEN KRIEK … HARDLOOP BIETJIE VINNIGER!!

Met al die tyd (met die wat die kriek so still staan en net bewusteloos vorentoe staar), het ek veels te veel tyd om gehoor te gee aan al die stemme in my kop.

Ek dink aan Magnum PI, Wilson toffies – ek is eenvoudig mal oor die coke een.  En wie op aarde het besluit om die lekkerste roomys in die wereld uit pretoria uit te verwyder.   Waar in hierdie stadig, tyd-verby-kruipende lewe / dag kry mens daai lekker “passionfruit” (en die brits is eenvoudig omdat die grysstof gaan le het due to lack of thinking need), dit was so geel bolletjie vrugte roomys met swart pitte in …. almal vertel my jy kry dit in die kaap, aardklop (Potch)… MAAR WAT VAN PRETORIA?!?!?!?!?

Aai nee … genoeg is genoeg…. ek dink ek gaan ‘n brief skryf aan Oprah… as jy op verlof was moet jou eerste maand terug by die werk net half dae wees!!

Verveeld, vervelig en verveligstes

Mooi bly

Muis op ‘n klip

Advertisements

~ deur merriemuis op Januarie 14, 2009.

2 Responses to “Wat skop die kriek??”

  1. Soms voel ek lus om sommer die kriek te skop vir ‘n verandering. 😉

    Die woord wat jy gesoek het was granadilla, of hoe ookal mens dit nou in Afrikaans sou reg spel. Jy het mos ‘n HAT kyk maar self niggie.

    Laat staan nou Pretoria en keur terug na beskawing, die roomys is nou die laaste strooi! Mwahahahaha 😆 (ek weet nie of dit hier in Sodom&Gemors beskikbaar is nie, maar ek sal vir jou uitvind).

  2. As mens met verlof was moet jy op ‘n Vrydag begin werk, ek doen dit, dit werk!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: