Verbleekte Gesigsbeelde

Die sagte mengsel van pienk, orange met sonsondergang

Verglans die wereld, wat stil om my hang

Die einde van ‘n dag, die einde van ‘n lang gang

Die einde van ‘n bloesende nuwe gesang

 

Verbleekte gesigsbeelde wil my vang

Verbleekte gesigsbeelde wat om my hang

Verbleekte gesigsbeelde vat my, soos die tou van ‘n galg

Verbleekte gesigsbeelde, storm en jaag my bang

 

Die maan verglinster agter die donker storm wolke

Die sterre hemel kruip weg agter skerp, lig dolke

Die donker van die nag, met sy beskuldigings

Kom vra met krag, vir my verduidelikings

 

Verbleekte gesigsbeelde wil my vang

Verbleekte gesigsbeelde wat om my hang

Verbleekte gesigsbeelde vat my, soos die tou van ‘n galg

Verbleekte gesigsbeelde, storm en jaag my bang

 

Hier, in die midde van my angs

Sal God Sy liefde en vrede om my vlans

Hy gee aan my ‘n nuwe hoop, wat in my glans

En le my hoof op Sy skouer, in die storm, saans

 

Verbleekte gesigsbeelde wil my vang

Verbleekte gesigsbeelde wat om my hang

Verbleekte gesigsbeelde vat my, soos die tou van ‘n galg

Verbleekte gesigsbeelde, storm en jaag my bang

Advertisements

~ deur merriemuis op Januarie 12, 2009.

3 Responses to “Verbleekte Gesigsbeelde”

  1. Sjoe! Dis nogal somber niggie – maar baie mooi. Ek bespeur ‘n refrein, beplan jy om ie enetjie te sing weer?

  2. hhhmmm … jong ek weet nie… Somber Sarie was maar net die stem wat oorheers het gister

  3. Can feel your heart in this, beautiful and sad.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: