Kind

Ek verlang na die dae sonder rekenaars, playstations en tv’s

Toe blikaspaai en kennetjie nog opwindende tydverdrywe was.

Sorgelose dae in somer en son, met my t-hemp en shorts

Kaalvoet in die reen of die vars groen gras wat jou voetsole kielie.

Dae gevul met huis-huis, dokter-dokter en natuurlik skool-skool.

Van sonsopkoms tot ver na die maan begin loer oor die horison

En die son se strale groet agter koppies en duine

 

Ek verlang na die sorgelose dae wat ek ervaar het as kind

In hitte, koue, storm, donderweer of wind

Die dae toe ek nog die genade gehad het om net te wees wat ek was . . . . .  KIND

 

Ek verlang na die dae sonder deadlines, salarise en rekeninge

Toe ‘n movie ‘n alledaagse ding wat goedkoop was.

Die uitbundige vryheid wat deur jou are pols

Die opwinding van ‘n nuwe dag, ‘n nuwe sonsopkoms

Wat die voorspelling van lewe, van hoop uit gons

‘n Toekoms vol drome, drome van lewe en van liefde

Die blydskap en geluk wat alles wat seer maak tot niet in die grond in kwas

 

Ek verlang na die sorgelose dae wat ek ervaar het as kind

In hitte, koue, storm, donderweer of wind

Die dae toe ek nog die genade gehad het om net te wees wat ek was ………. KIND

 

Ek verlang na die tyd toe ‘n gevlekte ponie my oe soos sterre laat glinster het

Toe my fiets my pertinente vervoer middel was, sonder petrol pryse

Toe tyres my dad se bekommernis was, nie eens gepraat van lisensies nie

Die tye wat ek skool bank, die adrenalien van onderwysers tryter

Die angs van ‘n eksamen vraestel wat voorle … ooohh en syfers

Die verligting wat deur my wese spoel as die vakansie begin

Die wind in my hare soos ek my getroue fiets huis toe jaag

 

Ek verlang na die sorgelose dae wat ek ervaar het as kind

In hitte, koue, storm, donderweer of wind

Die dae toe ek nog die genade gehad het om net te wees wat ek was ………. KIND

Advertisements

~ deur merriemuis op Januarie 12, 2009.

7 Responses to “Kind”

  1. Ek weet nie of die vir jou ‘n troos gaan wees of nie, maar een of ander tyd gaan jy terug verlang na wat ookal jy nou doen ook. 😉

  2. Ek wou nog alles beaam, toe neem Louisa die wind uit my seile! 😆

  3. hahaha …sy het nogal ‘n manier om dit te doen! Sy kom altyd deur met ‘n curveball!

  4. I love this poem

  5. thanks Cath!!

  6. Ja, ek verlang ook na daai dae. Maar nie na die gebarsde hakskene van kaalvoet speel nie!

    😉

  7. hehehehe … ek dink nie dit het rerig aan my saak gemaak nie, ek dink ek het eers begin bekommerd raak oor gebarste hakstene toe ek heelwat ouer is … Maar ek hoor jou …. gebarste hakskene is geen pret nie! 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: