Diep begeerte vir inspirasie

Digter op die stoep

Hier brand ‘n diep begeerte, om net los te laat en al die stemme in my kop kans te gee om uiting te kry!! 

Stoffie:  Ek moet die vensters was, en natuurlik die skuif deur…mens kan omtrent nie die wereld se groen, die miljoene groene, bespiegel deur die stof wat vasklou aan die vensters nie!!

Piekasie:  Vat die kwas merrie … vat hom en vlans net kleure saam op ‘n canvas … het nog nooit enige iets, behalwe ‘n baie rowwe skewe stokmannetjie geteken nie… vat die kwas merrie… speel met geel, oranje, pers en miskien … net miskien die pienk ook …. VAT DIE KWAS MERRIE

Kriena Ketel: Hou vas die potlood gogga …hou vas en skryf neer alles wat deur jou hart vloei…skryf van die seer, die bly, die dans, die swoeg, die sweet …. die kwaad…en altyd die huppel en lag!!

Liena Liefie:  Aaai…. hoe raak mens lieries… as jy nog nie weet of jy mag nie… nog minder as jy kan ….. wonder almal hulleself deurmekaar …. of is dit nog iets wat ek op my kapstok kan hang?

Somber sarie:  Die storms woed, die storms verwoed my gemoed…. dit verwaai my fraai blom geel hoed …. buig en druk teen die woed … trap vir trap teen die winde gloed… sal daar weer kom… vasberade moed …

Lawwe Lanie:  Jubel en spring, dis somer en son… cocktails met pynappel skywe en sambreeltjies in my glas… jubel en spring …. van al die wonderlike gawes gaan ek sing….

Merriemuis:  Skud jou kop girl … sug … en skud jou kop

Advertisements

~ deur merriemuis op November 17, 2008.

10 Responses to “Diep begeerte vir inspirasie”

  1. Sjoe! Dis nogal heelwat stemme muis. 😉
    Geluk met die begin van jou bloggy, ek sal vir jou ‘n link oppleister later vanaand, ‘kay?

  2. Genade, ek stem saam met Louisa. Of dalk is dit meer as een muis?? 🙂

  3. Nice…. Very impressive.

    Geen wonder jy skryf sulke nice songs ook nie…

  4. Meer as een stem… meer as een muis… meer as een mening… en meer as een doel … he he he … to much to handle!!!

  5. Merriemuis! Ek gewaar jy’t ‘n kiekie opgelaai gekry – gaaf gaaf, het jy gesukkel of nie regtig nie?

    Ps! Sal maar net vir die wis en die onwis noem dat ek op my lappop ‘n oorspronklike hou wat groot is maar vir gevreetboek en blog sit ek compressed fotos op want dit laai vinniger en as jy op jou pa se cap surf vat dit heelwat minder data ook nog.

    As jy hulp nodig het skree net hoor…

  6. jip jip … het ‘n kiekie gelaai … het nie gesukkel nie, maar sal volgende keer kyk na compress

  7. Welkom hier! 8)

  8. Dankie boerinbalingskap!!! Ek moet bieg … ek LUV dit!!!

  9. Wow! Ek weet nie wat is erger nie? Die feit dat jy so baie stemme het, of die feit dat die stemme actualy NAME het nie?! Jou blog is super cool! Well done, lass!

  10. I love it!!
    Write some more.
    Xx

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: