Gedigte uit my hangkas
Eendag …. Eendag …. Verkieslik vandag
Soms wonder ek hoe ander mense rustig gaan slaap, of hulle ooit wakker le en dink aan hoe hulle iemand anders se hart verniel.
Soms wonder ek of ander mense omgee dat hulle ander stukkend laat … diep in die siel …
Soms wonder ek of ek weer al die stukkies van my gebreekte hart gaan kan optel
Soms wonder ek of mens superglue vir die siel kan kry
Soms wonder ek of mens ooit sal ophou gly … gly tot heel onder
Soms wonder ek of dit waarlik die moeite werd is om weer orent te sukkel
Om later deur dieselfde mens vir dieselfde rede net weer onderste bo te plunder
Broken Promises, versinne ure vermors
Vermors deur te wag …. wag aangevuur deur die vlammetjie van hoop
Hoop op die gedagte dat jy iewers belangrik is
Hoop op die gedagte dat jy iewers geld
Hoop op die gedagte dat jy iewers iets beteken
Hoop op die gedagte dat jy iewers ….. iewers … iewers
Eendag …. eendag ….. verkieslik vandag ….
Met oogklappe vermorsel en die teleurstelling nog tasbaar
Eendag … eendag …… verkieslik vandag
Met ‘n braafheid wat die vrees vir konflik sal aanvaar
Eendag … eendag …… verkieslik vandag
Met die vrees om my beste pel vir goed te laat gaan
Eendag … eendag …… verkieslik vandag
Met die wete dat daar tog iemand sal wees wat hierdie leemte vul … of miskien nog gaan
Eendag … eendag …… verkieslik vandag
Gaan die telke male van verspeelde ure van wag einde se kant toe staan
Eendag … eendag …… verkieslik vandag
Met woorde uit ‘n vernielde hart … gaan ek jou maak verstaan …..
Dat ek iemand is wat die moeite werd is
Dat ek iemand is wat belangrik is
Dat ek iemand is wat geld
Dat ek iemand is wat vir ander iets beteken
Dat ek iemand is wat sterk genoeg is om jou te laat gaan
Jou te laat gaan om my tyd te gun om heel te word
Jou te laat gaan dat jy happiness kan soek
Jou te laat gaan …. net te laat gaan …. te laat gaan
*********************************************
My Siel smag na U o Heer
My siel smag na U o Heer
My hart wat in angs na U uitskree
My gees roep na U keer op keer
My vrees om verandering na te streef
Ek struikel en ek val
My eie wil hang aan die galg
Die ewige stryd teen myself
Gedwonge, eenpartydig
U hand wat my dra in die lyding
Aan die einde skyn U lig
My siel smag na U o Heer
My hart wat in angs na U uitskree
My gees roep na U keer op keer
My vrees om verandering na te streef
Vorm my en maak my
Soos ‘n pottebakker en klei
Na U volmaakte skynbeeld,
U saligheid in my uitgebeeld
Help my in my daaglikse stryd
Om myself neer te le in die kruit
*******************************************
Seisoene
Rondom my sneeu dit herfsblare
Die voorstoep le bedek in rooi en geel gekleur
Die wind ruk-ruk aan die naakte boomtakke
Die vlaktes le leeg en dor
Groenigheid is deur die weer verdor
Die eenstemmigheid met die lewe en die siel
‘n Seisoen wat die hart verniel
Waar die herhindering van hartseer en pyn
Deur gevoelens en dade uitbasyn
Winde waai die samelewewing deurmekaar
Mense vat plek-plek grond en loer onderlangs vir mekaar
Eensaamheid prominent in die gejaagdheid van dit als
“Mense verhoudings”, ‘n begrip wat saam met die wind vergans
Daarop eenvolglik die koue winter maande
Waar die wereld plek-plek onder die vermoordende sneeu verkluim
Alles ge-isoleerd soos die wysvinger van die duim
Wesentjies toegewikkel in lae en lae bekledings
Beskermend teen die indringende koue rillings
Die eensaamheid van al die lae wat as beskerming dien om jou hart
Vereenselwig die gevoel van totale verlating
Beklemtoon die yskoue gevoel wat broei
Diep in die donkerste kamer van jou siel
Die ongenadelike dood wat moet geskied voor lewe voort spruit
Die bloeisels wat die wereld opnuut verkleur
Die einde tot niet mee gesleur
Soos ‘n reenboog die finaliteit van ‘n storm reen
Die boodskap van nuwe lewe en seen
aka Somber Sarie
